geinspireer deur carmen niehaus – huisgenoot

Rugspek Aartappel en Preie “Galette”

Resep bereiding tyd : 30 min      |      Genoeg vir 6-8 mense

BESTANDDELE

METODE

 

 

Vulsel:

400g Eskort Rugspek

Olyf olie

4 groot aartappels

250 g preie, opgekap

20 g vars salie

250 g tamaties

50 ml rooiwynasyn

50 g bruin suiker

150 g Parmesaankaas

50 g grasuie

50 g botter

 

Kors:

500 g mielieblom

100 g botter

100 g Eskort varkvet

5 ml growwe sout

160 ml water

2 eiers

 

Kors:

Verhit oond tot 180°C.

Plaas die water, varkvet en botter in ‘n pan oor matige hitte tot botter en varkvet smelt.

Meng die meel en sout in ‘n mengbak saam en maak ‘n holte in die middle. Breek die twee eiers in die holte.

Bedek die eiers met die meel in die bak en voeg die warm water by en meng tot die deeg ‘n bal vorm.

Knie die deeg tot sag en elasties, bedek die met kleefpapier en laat rus in die yskas.

Fulsel:

Verhit die olie in ‘n pan en braai die spek tot gaar en bros, sit eenkant.

In dieselfde pan verhit die botter en braai die preie en tot sag en goud van kleur

Kook die aartappels tot sag maar steeds ferm en sit eenkant tot afgekoel, sny in ringe en sprinkle met olyfolie.

Bolaag:

Verhit olie in ‘n pan en voeg die rooiwynasyn en suiker by, prut tot ‘n stroop vorm.

Voeg die tamaties by en kook tot die vel begin bars.

Bedien:

Rol die deeg uit en plaas op ‘n bakplaat.

Plaas die preie mengsel in die middel van die kors, sprinkel met parmesaankaas en bak vir 10-15 minute of tot die deeg mooi gaar is.

Bedien met die bros gebraaide spek en gekarameliseerde tamaties bo-op.

 

Jacaranda FM

Algoa FM

East Coast Radio

Kaya FM

Heart FM

Huisgenoot

Drum

YOU

Eskort Customer Care 0800 203 193

info@eskort.com

Ts and Cs